Minibushiresa
Vra ons oor ons "Self-bestuur" opsie met ons 14 sitplek Toyota Quantums.
Aranza Minibus Verhurings word bestuur deur egpaar - Jack en René van der Schyff. Meer as 25 jaar ervaring in die toerisme bedryf en passasier vervoer in Suidelike Afrika, maak hulle 'n gedugte span met deeglike kennis om enige behoefte ten opsigte van toerisme en reis aan te spreek.
Hulle sê:
1. Ons besigheid is gebaseer in Meyerton, Gauteng, maar is slegs 30 minute vanaf O.R. Tambo Internasionale lughawe asook Lanseria Lughawe in Johannesburg.
2. Ons glo dat slegs die hoogste kwaliteit diens aanvaarbaar is vir ons gewaardeerde besoeker / kliënt ten einde te verseker dat hulle 'n onvergeetlike Suid-Afrikaanse ervaring kan beleef.
3. Ons is gestel daarop om aan ons kliënte die beste in passasier vervoer en dienste te waarborg. Ons waarborg op-tyd vertrek wanneer 'n diens met ons bespreek is, hetsy verhuring of die "heen-en-weer" diens.
Voertuig Bestuurders: Ons dienste sluit in die moontlikheid van "self-bestuur" vir persone met die nodige lisensie of die dienste van ons professionele bestuurders. Aranza het 'n uitstekende veilgheidsrekord wat bereik is deur 'n beleid van kwaliteitskontrole en professionalisme t.o.v. die bestuurders. Al ons bestuurders besit die nodige bestuursslisensie asook 'n professionele bestuurspermit. Ons hoogste prioriteit is die veiligheid van ons passasiers en handhaaf ons streng kwaliteitskontroles oor ons bestuurders.
Ons Voertuie: Al ons minibusse is van die hoogste gehalte vanweë ons beleid van deeglike inspeksies voordat enige rit begin. Ons is verbind daartoe om seker te maak dat ons slegs die beste reisiger oplossings vir ons kliënte aanbied. Ons wil hê dat die gebruik van ons dienste en voertuie moet bydra tot 'n uitstaande ervaring vir ons kliënte.
Versekering Ons besigheid het omvattende Passasier- en Verantwoordelikheidsversekering op al ons voertuie.
Ons Toyota Quantums
Toyota is bekend vir hulle betroubaarheid en daarom is dit die voertuig wat ons aanbied vir "self bestuur" aan voldoende gelisensieerde bestuurders. Ons besit 'n vloot Quantums - almal in uitstekende toestand en behoorlik in stand gehou, om 'n moeitevrye en gemaklike rit te verseker -(Onderhewig aan Covid19 regulasies).
Ons Mercedes Sprinters
Vir die "heen-en-weer" diens met ons eie bestuurders kan ons groepe van tot 20 persone akkommodeer in ons luukse Mercedes Sprinters -(Onderhewig aan Covid19 regulasies).